Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gama, Vasco de
Gama, Vasco de [boodskap #121889] Ma, 10 Desember 2018 18:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Vasco de Gama was 'n Portugese ontdekkingsreisiger en seevaarder. In Januarie 1497 het koning Emanuel hom aangestel as leier van 'n nuwe ekspedisie om Indië om die suidpunt van Afrika te probeer bereik. Da Gama het verslae van Bartholomeüs Dias (en sy hoofstuurman, Pero d'Alenquer, bestudeer en op 8 Julie 1497 met vier skepe die reis van die Tagusrivier af begin. Vier maande later het die vlagskip, Sati Gabriel, en die drie ander skepe by St. Helenabaai, naby die huidige Velddrif, aangekom, die Kaap die Goeie Hoop verbygevaar en op 25 November 1497 by Mosselbaai aangekom. Op Kersdag het hy by die kus van Pondoland en Natal verbygevaar. (Laasgenoemde beteken 'Kersfees' in Portugees). Op 11 Januarie 1498 het Da Gama die Inharrime-rivier, naby Delagoabaai bereik en voortgegaan tot by Quelimane en Sofala. Hy het baie inligting van plaaslike naturelle ingewin en het met behulp van plaaslike gidse naby Malindi aan wal gestap. Op 18 Mei 1498 bereik hy Indië en vervul so die ideale van baie geslagte. Die Portugese het ongeveer vier maande naby Kalikoet deurgebring voordat hulle op 20 September 1498 vertrek het. Hulle het by verskeie plekke aangedoen, o.a. Zanzibar, by die kus van Mosambiek, en by Mosselbaai en seil om die Kaap op 20 Maart 1499. Da Gama se amptelike dagboek eindig op 25 April van dieselfde jaar, naby Senegambia, maar dit is bekend dat hy op 10 Julie in Lissabon aangekom het. In 1524 het Da Gama na Indië teruggekeer om wreedhede deur sommige van sy landgenote gepleeg, te ondersoek. Hy het die goeie betrekkinge herstel, maar het nooit na Portugal teruggekeer nie. Oorlede in Cochin in 1524.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gallwey, Sir Michael Henry
Volgende onderwerp: Gamkarivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:54:09 MGT 2024