Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gaika
Gaika [boodskap #121885] Ma, 10 Desember 2018 17:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gaika was 'n Xhosa-opperhoof, die seun van Mlawu. Gebore naby die Oosgrens, omstreeks 1779. Toe sy vader in 1797 ná die Britse besetting van die Kaap oorlede is, het hy aanspraak gemaak op die opperhoofskap van die Rarabe-stamgroep van die Xhosas, maar is geopponeer deur Ndlambe, sy oom. Later het Gaika 'n ooreenkoms getref met goewerneur-generaal Janssens van die Bataafse Republiek. Na die Britse besetting het hy 'n soortgelyke ooreenkoms getref met lord Charles Somerset. Sodoende het hy hulp van die Britte gekry toe Ndlambe hom in 1819 by Grahamstad aangeval het. Ndlambe is verslaan en Gaika het opperhoof geword. Gaika het ingestem dat 'n sekere stuk grond gebruik mag word as 'n bufferstaat, maar het aanhoudend moeilikheid veroorsaak. Oorlede in 1829.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Gaborone
Volgende onderwerp: Galekaland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:38:26 MGT 2024