Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Gaborone (Gaberones)
Gaborone [boodskap #121884] Ma, 10 Desember 2018 17:16
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gaborone (vroeër Gaberones) is die hoofstad en grootste stad van Botswana.

In die vroeë dae was Gaberones 'n dorp in die vroeëre Betsjoeanalandse Protektoraat op die spoorlyn na Bulawayo (in Zimbabwe). Vernoem na die opperhoof, Gaberone Matlapin, wat daar regeer het toe die plek in die jare 1890 gestig is. Na Suid-Afrika se uittrede uit die Britse Statebond in 1961, het dit ontwikkel tot die administratiewe hoofstad van die nuwe staat Botswana in die plek van Mafeking. Die stat by Gaberones is die hoofkwartier van die Bamatele-stam; die dorp is die sentrum vir die Gaberones-blok, 'n groot grondgebied wat in die dae van Cecil Rhodes vir blanke nedersetting afgesonder is. Vandag word dit hoofsaaklik vir bees-boerdery gebruik. Na die toekenning van onafhanklikheid aan Botswana in 1966, is baie moderne regeringsgeboue op die dorp gebou. Die stad se naam is in 1969 van Gaberones tot Gaborone verander.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fynn, Henry Francis
Volgende onderwerp: Gaika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:36:05 MGT 2024