Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fynn, Henry Francis
Fynn, Henry Francis [boodskap #121883] Ma, 10 Desember 2018 15:27
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Henry Francis Fynn was 'n pionier van Natal. Gebore in Engeland. Hy kom na die Kaap in 1818 en vestig hom op die Oosgrens waar hy 4 jaar lank bly tot 1822, toe hy as ladingsopsigter van 'n skip terugkeer. Hy leer die Ooskus ken, sien Delagoabaai, reis na die binneland en word in 1824 deur 'n sindikaat van Kaapse handelaars na Natal gestuur om 'n handelspos daar te stig. Namens hulle het hy die gebied verken en het met sowel Tsjaka as Dingaan onderhandel. In 1825 word Fynn 'n onder-hoof van die distrikte Bellair en Umbilo en ten spyte van 'n rusie met Dingaan word hy in 1831 erken as 'n 'Groot Hoofman'. Drie jaar later, in 1834, keer hy terug na die Kaap om die owerheid as 'n naturelledeskundige by te staan in hulle onderhandelings oor die grens.

In 1859 is hy terug in Natal as landdros. Oorlede in 1861. Sy dagboek, wat lank vermis was, is in 1950 gepubliseer en is deur James Stuart en D. McK. Malcolm persklaar gemaak.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Funduzi-meer
Volgende onderwerp: Gaborone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:58:59 MGT 2024