Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Froude, James Anthony
Froude, James Anthony [boodskap #121880] Ma, 10 Desember 2018 15:22
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Anthony Froude was 'n Engelse historikus. Gebore in 1818 in Dartington, Devonshire en word in 1875 deur lord Carnarvon na Suid-Afrika gestuur om verslag te doen oor die moontlikhede van sy unifikasieskema (sy oplossing vir die moeilikhede van die land as verligte diktatuur). Sy verslag, in twee boekdele, oor sy reis is nog een van die bekendste boeke oor Suid-Afrika. Hy het weer in 1885 by die Kaap aangedoen op pad na Australiƫ, en het die skoonhede van die Kaap in sy boek Oceana besing. Oorlede in Engeland op 20 Oktober 1894.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Frontier Armed Mounted Police
Volgende onderwerp: Fugitives' Drift
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:43:12 MGT 2024