Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Frere, Sir Bartle
Frere, Sir Bartle [boodskap #121875] Ma, 10 Desember 2018 15:12
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frere, Sir Bartle (meer volledig Sir Henry Bartle Edward Frere) was 'n Britse goewerneur. Gebore in Engeland in 1815. Hy word Goewerneur van die Kaapkolonie en Hoë Kommissaris vir Suid-Afrika in 1877. Frere se beleid, sowel ten opsigte van die naturelle as die Boere, het baie kritiek uitgelok, veral toe sy eerste tegemoetkomende stappe teenoor die Zoeloes in 1879 gevolg is deur die Zoeloe-oorlog; ook toe hy die besetting van Transvaal deur sir Theophilus Shepstone gesteun het, en later die herstel van die Boere se griewe belowe het. Onder die koloniste was Frere baie gewild en sy terugroeping in 1880 het 'n storm van protes veroorsaak. Hy het in 1881 'n gedetailleerde verdediging van sy beleid geskryf en gepubliseer, en het probeer om moeilikheid, wat hy korrek vooruit gesien het vanweë die verkeerde hantering van die politieke situasie met die Transvaal, te voorkom. Was hoog aangeskrewe by koningin Victoria, die Prins van Wallis en baie vooraanstaande persoonlikhede. Oorlede in 1884.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fremantle, Professor Henry Eardley Stephen
Volgende onderwerp: Fret (Ploceidae)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:20:45 MGT 2024