Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fraser van Lonsdale (Lord William Jocelyn Ian)
Fraser van Lonsdale (Lord William Jocelyn Ian) [boodskap #121871] Ma, 10 Desember 2018 15:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Fraser van Lonsdale (Lord William Jocelyn Ian) was 'n Britse politikus en suksesvolle besigheidsman. Gebore op 30 Augustus 1897 in Eastbourne, Engeland, as seun van 'n bekende Basoetolandse handelaar. Ontvang sy opleiding in Suid-Afrika en Engeland en word spoedig tot die balie toegelaat. Die Eerste Wêreldoorlog het hom blind gelaat, desnieteenstaande word hy hoof van die familie se maatskappy, D. & D.H. Fraser, en van ander belangrike instansies. Van 1922 tot 1925 was hy lid van die Londense Graafskapsraad en in 1924 word hy verkies tot die Britse Laerhuis. Van 1937 tot 1939 was hy goewerneur van die British Broadcasting Corporation en van 1947 tot 1958 president van die Britse Legioen. Ontvang lewenslange adeltitel op 1 Augustus 1958.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fraser, Sir John George
Volgende onderwerp: Fraser-waterval
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:38:21 MGT 2024