Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fraser, Sir John George
Fraser, Sir John George [boodskap #121870] Ma, 10 Desember 2018 14:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir John George Fraser was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. Op 17 Desember 1840 op Beaufort-Wes gebore. Seun van ds. Colin Mackenzie Frazer en die oom van mev. (president M.T. Steyn). Ontvang opleiding in Skotland en keer in 1861 terug na die Vrystaat. Hy veg teen die Basoeto's en word aangestel as sekretaris vir president sir Johannes Brand. Daarna word hy griffier van die Vrystaatse Hoërhof, sekretaris van die Volksraad en Meester van die Weeskamer. In 1877 tree hy uit die diens van die Republiek om Volksraadlid vir Bloemfontein te word. Die posisie beklee hy 19 jaar lank, van 1880 tot 1899. Fraser het in 1896 vir President gestaan, maar was onsuksesvol. Na die Tweede Vryheidsoorlog is hy in 1902 aangestel op die Oranjerivierkolonie se Wetgewende Raad en later op die Tussenkoloniale Raad. Onder verantwoordelike regering is hy verkies tot die Parlement en word leier van die Opposisie. Met Uniewording word hy 'n Senator (1910-20). Oorlede in Junie 1927.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Franschhoek
Volgende onderwerp: Fraser van Lonsdale (Lord William Jocelyn Ian)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:14:42 MGT 2024