Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Frankfort
Frankfort [boodskap #121867] Ma, 10 Desember 2018 14:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frankfort kan na een van die volgende verwys:

1. Dorp in Oos-Kaapland gestig deur die Duitse militêre setlaars in 1858. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,639 (287 Blankes).

2. Dorp in die Oranje-Vrystaat; gestig in 1868 deur 'n Duitser met die naam van Von Gordon, 'n beampte van die ou Republiek. Dit is geleë aan die skilderagtige Wilgerivier en beskik oor verskeie koringmeulens en handel in landbouprodukte. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het baie gevegte hier plaasgevind en in 1900 was Frankfort vir 'n kort tydjie die setel van die Republikeinse regering. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 7,000 (2,100 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Frankenwald
Volgende onderwerp: Franklin-wildtuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:56:57 MGT 2024