Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Franke, Kolonel Victor
Franke, Kolonel Victor [boodskap #121864] Ma, 10 Desember 2018 14:49
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kolonel Victor Franke was die laaste Duitse militêre bevelvoerder in Suidwes-Afrika (nou Namibië). Gebore in 1866 in Zuckmantel in Silesië, Duitsland. Hy sluit by die leër aan as jong seun. In 1896 is hy na Suidwes-Afrika gestuur en het gou die aandag op hom gevestig deur sy besondere dapperheid en bekwaamheid. Hy het veral beroemdheid verwerf in die Herero-oorlog, toe hy die Duitse magte van 'n nederlaag by Grootberg gered het. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het Franke, na die onverwagte dood van die amptelike bevelvoerder, outomaties hoof geword van die Duitse magte wat teen die Suid-Afrikaanse magte onder generaal Louis Botha geveg het. Op 9 Julie 1915 het hy by Khorab oorgegee na 'n lang veldtog. In 1937 in Hamburg, Duitsland, oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Francois, Majoor Kurt von
Volgende onderwerp: Frankel, Professor Sally Herbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:19:03 MGT 2024