Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Francois, Majoor Kurt von
Francois, Majoor Kurt von [boodskap #121863] Ma, 10 Desember 2018 14:46
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Majoor Kurt von Francois was 'n ontdekkingsreisiger en soldaat in Duits-Suidwes-Afrika. Gebore in 1853 in Luxemburg. Sluit aan by die Pruisiese leër en vergesel die Duitse ontdekkingsreisiger, Von Wissman, in 1883 op 'n reis langs die Aasairivier op in die Kongo. Later het hy ander dele van daardie land saam met Grenfell verken, en verken ook Togoland aan die weskus in 1887. Na die daarstelling van Duitse gesag in Suidwes-Afrika word hy aangestel as bevelvoerder van die magte (1889 tot 1894). Van 1895 tot 1896 het hy aan die Kaap, Oos-Afrika, Tunis en Tripoli gereis. Oorlede in 1931.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Francois, Kaptein Hugo von
Volgende onderwerp: Franke, Kolonel Victor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:20:35 MGT 2024