Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fourie, Jopie (Josef)
Fourie, Jopie (Josef) [boodskap #121857] Ma, 10 Desember 2018 07:02
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jopie (Josef) Fourie was 'n Suid-Afrikaanse rebel. Gebore op 27 Augustus 1878 naby Pretoria; ontvang opleiding aan Grey-kollege, Bloemfontein. Hy neem deel aan die demping van die Jameson-inval en veg in die Tweede Vryheidsoorlog. In 1912 sluit hy aan by die nuut-gestige Unieverdedigingsmag waarin hy 'n offisiersamp beklee. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het hy hom vereenselwig met die Gewapende Protesbeweging wat die hoogtepunt in die Rebellie bereik het. Hy is in 'n skermutseling naby Pretoria gevange geneem en voor 'n krygsraad gedaag. Hy is skuldig bevind aan hoogverraad en op Sondagoggend 20 Desember 1914 doodgeskiet. Die omstandighede tydens die verhoor en die teregstelling het groot bitterheid veroorsaak. Daar was groot politieke betogings tydens sy begrafnis en daarna.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Founder's Day
Volgende onderwerp: Fouriesburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:43:07 MGT 2024