Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fouche, Jacobus Johannes
Fouche, Jacobus Johannes [boodskap #121855] Ma, 10 Desember 2018 06:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Jacobus Johannes Fouche was 'n Suid-Afrikaanse Minister. Gebore op Wepener, Oranje-Vrystaat, op 6 Junie 1898 en ontvang opleiding aan die Universiteit van Stellenbosch. Gaan boer en word verkies as Nasionale L.V. vir Smithfield van 1941 tot 1950. In 1951 word hy Administrateur van die Oranje-Vrystaat en in 1959 word hy aangestel as Minister van Verdediging, 'n portefeulje wat hy beklee het tot April 1966, toe hy aangestel is as Minister van Landbou, Tegniese Dienste en Waterwese.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fotografie
Volgende onderwerp: Founder's Day
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:22:46 MGT 2024