Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fotografie
Fotografie [boodskap #121854] Ma, 10 Desember 2018 06:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Fotograaf.
'n Fotograaf.
Fotografie is die tegniek om permanente beelde te skep deur lig op fotosensitiewe materiaal vas te vang. Dit was reeds in die vroeë dae van die Kaap die Goeie Hoop bekend gewees. In 1839 was dr. W.G. Atherstone van Grahamstad, destyds 'n mediese student, teenwoordig by die oorspronklik demonstrasie deur Daguerre in Sorbonne. Die eerste daguerreotipis het in 1845 in Grahamstad gewerk. In die jare 1850 het 'n aantal ander pioniers gevolg en in 1860 is daar sover bekend die eerste persfoto geneem toe Prins Alfred die bouwerk aan die Tafelbaaise dokke formeel geopen het. In 1872 is fotografiese geskiedenis aan die Kaap gemaak toe sir David Gill die eerste geslaagde foto's van die maan geneem het van die Koninklike Sterrewag in Kaapstad af. Die eerste foto's van die Victoria-waterval is geneem deur Ellerton Fry wat die Pioneer Column in 1890 na Zimbabwe (Rhodesië) vergesel het. Howard Coster het hom in Londen onderskei as 'n hoffotograaf, terwyl dr George Lindsay Johnson 'n wêrelddeskundige op die gebied van kleurfotografie geword het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Foster-bende
Volgende onderwerp: Fouche, Jacobus Johannes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:13:27 MGT 2024