Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fitzsimons, Frederick William
Fitzsimons, Frederick William [boodskap #121821] So, 09 Desember 2018 12:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Frederick William Fitzsimons was 'n Suid-Afrikaanse dierkundige. Gebore in 1871 in Ierland. Hy kom as seun na Natal met die voorneme om in die medisyne te studeer. Op 20 jarige leeftyd begin hy skryf oor natuurgeskiedenis en word 'n deskundige op die gebied van slange en ape. Van 1897 tot 1906 was hy kurator van die Pietermaritzburgse Museum wat hy volledig gereorganiseer en geherkatalogiseer het. In 1906 neem hy bevel oor van die Port Elizabethse Museum, wat gou bekend word, veral deur die Slangpark wat hy gestig het. Van sy bekendste boeke is: The Natural History of South Africa (vier boekdele); Snakes of South Africa; The Monkey-folk of South Africa, en verskeie ander. Fitzsimons was verantwoordelik vir die ontwikkeling van 'n slanggifserum wat sy naam dra en wat nog in baie lande gebruik word. Later begin hy belang stel in antropologie en doen talle opgrawings in die Tsitsikama-gebied. Hy was daarvoor verantwoordelik dat die beroemde 'Boskopskedel' onder die aandag van die wetenskaplike wêreld gekom het. Hy was ook besonder geïnteresseerd in psigiese navorsing. Oorlede in 1938.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fitzpatrick, Sir James Percy
Volgende onderwerp: Flagstaff
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:34:58 MGT 2024