Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fitzpatrick, Sir James Percy
Fitzpatrick, Sir James Percy [boodskap #121820] So, 09 Desember 2018 12:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir James Percy Fitzpatrick was 'n Suid-Afrikaanse staatsman en skrywer. Op 24 Julie 1862 op King William's Town gebore. Seun van regter J.C. Fitzpatrick. Ontvang opleiding in Downside, Engeland. Hy begin sy loopbaan as 'n beampte in die Standard Bank, maar bedank om te gaan prospekteer. Nadat by 'n tydjie lank transport gery het, gaan hy in 1884 na Oos-Transvaal. Daar beleef hy die avonture wat hy later in sy boeke beskryf. Van 1886 tot 1889 woon hy op Barberton en kom daarna na Johannesburg. Hy aanvaar diens by die maatskappy Hermann Eckstein & Co. In 1891 word hy deur lord Randolph Churchill in diens geneem om hom op sy ekspedisie deur die gebied, later bekend as Rhodesië (tans Zimbabwe), te help. Dit het aanleiding gegee tot sy eerste boek, Through Mashonaland with Pick and Pen. Hy keer terug tot die mynbedryf en word vennoot in die Corner House. Hy tree ook toe tot die politiek en as sekretaris van die Reform Committee, word hy gearresteer na die Jameson-inval. Hy word skuldig bevind aan hoogverraad en word met £2,000 beboet. Hy lê belangrike getuienis af voor die Transvaalse Nywerheidskommissie in 1897 en pleit vir 'n skikking tussen Transvaal en Brittanje.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog skryf hy The Transvaal from Within wat 'n blitsverkoper was. In 1907 verskyn sy beroemdste boek, Jock of the Bushveld, wat aan sy kinders opgedra is. Hy tree toe tot die Transvaalse parlement as 'n staatmaker van die Unionistiese Party. Hy word later verkies tot die Unie-parlement. Hy dra baie by tot besproeiing in Suid-Afrika, veral langs die Sondagsrivier, waar hy gewoon het. Oorlede in Januarie 1931.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fitzpatrick, James Coleman
Volgende onderwerp: Fitzsimons, Frederick William
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:02:44 MGT 2024