Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fiskaal (Laniidae en Prionopidae)
Fiskaal [boodskap #121818] So, 09 Desember 2018 12:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die fiskaalvlieëvanger.
Die fiskaalvlieëvanger.
Die fiskaal (Laniidae en Prionopidae) is 'n voël in die Janfiskaal-familie met gekromde en getande bekke. Die regte janfiskaal hang sy prooi aan dorings tot dit gereed is om gevreet te word en leef van akkedisse, muise en klein voëltjies. Die meeste soorte het luide skel stemme, maar sommige, soos die bokmakierie, sing pragtig. Die laksman (Lanius collaris) is die bekendste van die kleiner roofvoëls en kan oral in Suid-Afrika gesien word waar dit op telefoondrade sit. Dofswart met wit bors. Verskeie soorte. Die waterfiskaal van Kaapland bly in digte bosse en word selde gesien. Die mannetjie en wyfie sing 'n duet soos die bokmakierie. Verskeie soorte van bruin tot swart en wit. Langs die kus van Natal word die baie gekleurde fiskale aangetref.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fiskaal (amp)
Volgende onderwerp: Fitzpatrick, James Coleman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:12:54 MGT 2024