Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fischer, Abram
Fischer, Abram [boodskap #121815] So, 09 Desember 2018 12:40
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abram Fischer was 'n Suid-Afrikaanse Kommunisteleier. In 1908 in Bloemfontein gebore as seun van regter P.U. Fischer en kleinseun van Abraham Fischer. Hy het 'n briljante akademiese loopbaan in Suid-Afrika en Engeland gehad voordat hy in 1934 tot die balie toegelaat is. Hy het 'n groot praktyk opgebou en senior advokaat geword, maar het al dieper betrokke geraak in die werk van die Kommunistiese Party. Hy het sy bedrywighede voortgesit selfs nadat die organisasie verbied is, en het 'n lang tyd weggekruip. Hy is verhoor vir sy aandeel aan sabotasie en revolusionêre bedrywighede en is in 1966 tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fischer, Abraham
Volgende onderwerp: Fischer, Percy Ulrich
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:03:20 MGT 2024