Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fischer, Abraham
Fischer, Abraham [boodskap #121814] So, 09 Desember 2018 12:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Abraham Fischer was die Eerste Minister van die Oranjerivierkolonie. Gebore in 1850 in Kaapstad. Ontvang opleiding aan die South African College en word tot die Kaapse balie toegelaat. Nadat hy na die Oranje-Vrystaat verhuis het, word hy in 1878 tot die Volksraad verkies en word in 1896 'n lid van die Uitvoerende Raad. Sy diplomatiese optrede op konferensies het aandag getrek. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog gaan hy na Europa en die V.S.A. in 'n poging om buitelandse ingryping te bewerkstellig. Na die vrede help hy om die Orangia-Unie te stig en word hy die eerste President. In 1907 met die instelling van verantwoordelike regering, word hy die eerste (en enigste) Eerste Minister van die Oranjerivier-kolonie. Hy neem deel aan die Nasionale Konvensie en in 1911 word hy aangestel as lid van die Geheime Raad. In die eerste Unie-kabinet word hy Minister van Lande. Oorlede in 1913.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fisant
Volgende onderwerp: Fischer, Abram
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:41:06 MGT 2024