Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fichardt, Charles Gustav
Fichardt, Charles Gustav [boodskap #121803] So, 09 Desember 2018 10:09
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Gustav Fichardt was 'n nasionalisteleier. In 1870 in Bloemfontein gebore. Studeer aan die Grey-Kollege en later in Skotland en in Europa. Op die besonder vroeë leeftyd van 27 jaar word hy verkies tot burgemeester van Bloemfontein. In die Tweede Vryheidsoorlog onderskei hy homself by Poplar Grove.

Na die sluiting van vrede het hy generaal Hertzog ondersteun en gehelp met die stigting van die Nasionale Party in die Oranje-Vrystaat. As lid vir Ladybrand word hy tot die Parlement verkies. 'n Man van besondere persoonlike sjarme. Hy was bekend as redenaar in sowel Afrikaans as Engels. Oorlede in 1923.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fetcani (Buiters)
Volgende onderwerp: Ficksburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:04:46 MGT 2024