Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fehr-versameling
Fehr-versameling [boodskap #121798] So, 09 Desember 2018 10:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Fehr-versameling is 'n groot versameling Suid-Afrikaanse historiese skilderye en oudhede wat deur dr. William Fehr van Kaapstad oor 'n tydperk van jare versamel is. Tydens die driehonderdjarige viering in 1952 van Van Riebeeck se aankoms aan die Kaap, was die eerste openbare tentoonstelling daarvan so indrukwekkend dat daar besluit is om dit permanent in 'n spesiale galery in die Kasteel, Kaapstad, uit te stal. Nog 'n versameling van 600 waterverfstukke van historiese belang is in 1965 uitgestal in die ou 'Rust-en-Vreugde' herehuis in Kaapstad. (In die jongste tyd deel van Cape Town High School.)

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings
Volgende onderwerp: Felixton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:18:26 MGT 2024