Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Farrar, Sir George Herbert
Farrar, Sir George Herbert [boodskap #121793] So, 09 Desember 2018 09:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir George Herbert Farrar was 'n goudmynmagnaat en soldaat. Gebore in 1859 in Cambridge, Engeland. Kom na Suid-Afrika saam met sy broer, Sydney. Hy speel 'n belangrike rol in die oopstelling van die oostelike goudvelde en in 1893 stig hy die East Rand Proprietary Mines, een van die grootstes in die wêreld. As 'n ondersteuner van die Reform Committee is hy as een van die belhamels van die Jameson-inval in 1896 tot die dood veroordeel, maar later is hy met £25,000 beboet en sy vonnis opgeskort. Hy onderskei homself in die Tweede Vryheidsoorlog, word president van die Kamer van Mynwese en speel 'n prominente rol in die politiek onder die Kroonkoloniebewind. Farrar is in 1914 in 'n treinongeluk gedood onderwyl hy krygsdiens in Namibië (Suidwes-Afrika) gedoen het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Farini, Guillarmo Antonio
Volgende onderwerp: Faure
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:03:52 MGT 2024