Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Farini, Guillarmo Antonio
Farini, Guillarmo Antonio [boodskap #121792] So, 09 Desember 2018 09:30
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Guillarmo Antonio Farini was die verhoognaam van William Leonard Hunt, 'n Kanadese verhoogkunstenaar en ontdekkingsreisiger. In 1838 in Port Hope, Kanada, gebore. Hy word in 1858 bekend toe hy die prestasie van die beroemde koordloper, Blondin, ewenaar deur op 'n styf gespanne tou oor die Niagara-waterval te loop. Hy word 'n akrobaat en voer toertjies uit in verskillende dele van Amerika. Trou met Anna Mueller, dogter van die aide-de-camp van keiser Wilhelm I, en woon 'n aantal jare lank in Duitsland. Hy was 'n vaardige skrywer, kunstenaar en naturalis. Besoek Suid-Afrika in 1885 en onderneem 'n reis na die Kalahari op soek na diamante en om die moontlikheid van 'n beesboerdery te ondersoek. Hy was vergesel van sy aangenome seun, El Nino Farini (Lulu), wat vroueklere gedra het. Farini se bewering dat hy die ruïnes van die 'Verlore Stad' van die Kalahari gevind het, het groot polemiek uitgelok en ook baie soektogte na die stad tot gevolg gehad. Hy skryf 'n boek Through the Kalahari, en vertoon sy fotos in Londen en Berlyn. Hy is op 91 jarige ouderdom in Januarie 1929 in Port Hope oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Farewell, Luitenant Francis George
Volgende onderwerp: Farrar, Sir George Herbert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:35:21 MGT 2024