Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Faku
Faku [boodskap #121789] So, 09 Desember 2018 09:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Faku was die Opperhoof van die Pondo's. Gebore omstreeks 1777 en word vroeg in die 19de eeu leier van die stam. Omstreeks 1820 het Tsjaka hom verslaan, maar kon nie daarin slaag om sy land in te neem nie. Later soek Faku Britse beskerming en in 1842 stem hy in om 'n gedeelte van die huidige Griekwaland-Oos aan die Koloniale gesag te oorhandig. Sy toestemming aan die eerste sendelinge om sy land in 1829 binne te gaan, het die weg gebaan vir die stigting van 'n blanke nedersetting op Port St. Johns. Oorlede in 1867.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fairbridge, Kingsley
Volgende onderwerp: Fanagalo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:25:44 MGT 2024