Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fairbridge, Kingsley
Fairbridge, Kingsley [boodskap #121788] So, 09 Desember 2018 08:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kingsley Fairbridge was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier en skrywer. In 1885 in Grahamstad gebore van Skotse afkoms. Werk saam met sy vader, Rhys Fairbridge, 'n landmeter aan die Vaalrivier, en in 1896 vergesel hy hom na Zimbabwe (destyds Rhodesië). Daar vestig sy vader hom op Umtali en die jong seun bring 'n avontuurlike lewe deur in die primitiewe omgewing. Hy het baie reise in wilde gebiede onderneem en die materiaal ingesamel wat hy later in sy beroemde outobiografieë gebruik het. Dit word as klassiek in Zimbabwiese (Rhodesiese) letterkunde beskou. Oorlede op 19 Julie 1924. 'n Monument ter ere van hom is net buite die Christmas-pas naby Umtali opgerig. Dit is in 1953 deur die Koningin Moeder onthul.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fairbridge, Dorothea
Volgende onderwerp: Faku
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:36:36 MGT 2024