Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fairbairn, John
Fairbairn, John [boodskap #121786] So, 09 Desember 2018 08:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Fairbairn was 'n joernalis en staatsman. Gebore in 1794 in Roxburgh, Skotland. Kom in 1823 in Suid-Afrika aan en open 'n skool. Hy stig die South African Journal, wat 'n kort bestaan gehad het. Daaruit ontwikkel The South African Commercial Advertiser wat in Januarie 1824 begin het. Hy het later alleenbesitter daarvan geword. Dit het wrywing tussen hom en lord Charles Somerset veroorsaak. Nadat dit herhaaldelik aan sensuur onderwerp is, het hy eindelik die reg verkry om dit sonder inmenging te publiseer en het sodoende die vryheid van die Suid-Afrikaanse pers bewerkstellig. Word 'n nasionale figuur en werk vir baie hervormings deur sy koerant. Hy verwerf opnuut gewildheid deur in 1849 sy steun toe te sê aan die Anti-Bandietebeweging. In 1850 was hy lid van die deputasie na Engeland wat uitgeloop het op die toekenning van selfregering aan die Kolonie. Hy word verkies tot die Wetgewende Raad. Van 1854 af was hy voorsitter van die Suid-Afrikaanse Onderlinge Lewensversekeringsgenootskap wat hy help stig het. Oorlede in 1864

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fagan, Henry Allan
Volgende onderwerp: Fairbridge, Dorothea
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:37:41 MGT 2024