Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Fagan, Henry Allan
Fagan, Henry Allan [boodskap #121785] So, 09 Desember 2018 08:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Henry Allan Fagan was 'n Suid-Afrikaanse regter, minister en skrywer. Gebore op 4 April 1889 op Tulbagh, Kaap. Ontvang opleiding op Stellenbosch. Word tot die balie toegelaat en weldra tree hy toe tot die politiek onder generaal J.B.M. Hertzog. Van 1933 tot 1943 was hy lid van die Parlement en van 1938 tot 1939 was hy Minister van Naturellesake, Onderwys en Volkswelsyn. In 1943 word hy as regter aangestel en was Hoofregter van die Unie van 1957 tot hy in 1959 afgetree het. Afgesien van sy amp, het hy ook 'n vooraanstaande skrywer in Afrikaans geword. Hy ontvang die Hertzog-prys vir letterkunde, en het talle suksesvolle toneelstukke, romans, ens. geskryf. Hy is ook uitvinder van 'n verbeterde snelskrifstelsel. Oorlede in Desember 1963.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Fabrikant
Volgende onderwerp: Fairbairn, John
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:00:28 MGT 2024