Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Excelsior-diamant
Excelsior-diamant [boodskap #121781] So, 09 Desember 2018 07:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Excelsior-diamant was die grootste diamant voor die ontdekking van die Cullinan-diamant in 1905. Dit is op 30 Junie 1893 in Jagersfonteinmyn in die Vrystaat gevind en het 971.75 karaat geweeg en was 2.5 duim lank, 2 duim wyd en een duim dik. Die steen is deur 'n Bantoemynwerker gevind. Hy het as vergoeding £500 kontant, 'n perd, saal en toom ontvang. Afgesien van sy grootte was dit 'n pragtige blouwit steen. Dit is opgesny in 21 geslypte diamante, wat altesaam 364 karaat geweeg het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Excelsior
Volgende onderwerp: Exeter Hall
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:49:23 MGT 2024