Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Europese Vink of Boekvink (Fringilla coelebs)
Europese Vink of Boekvink [boodskap #121778] So, 09 Desember 2018 07:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Europese Vink, Boekvink of Gryskoppie (Fringilla coelebs) is 'n redelike algemene standvoël in denneplantasies in die Kaapse Skiereiland en dig beboste tuine. Hulle is in ongeveer 1900 na Groote Schuur, Kaapstad, gebring en het stadig versprei na voorstede om Tafelberg. Die mannetjie is maklik herkenbaar aan sy ligroos bors, bruin rug en blougrys kop. In vlug kan wit spikkels op sy vlerke en stert gesien word. Sien Streepkoppie en Kanarie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Eunice-Instituut
Volgende onderwerp: Evander
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:59:44 MGT 2024