Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ethiopianisme
Ethiopianisme [boodskap #121774] So, 09 Desember 2018 06:51
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ethiopianisme is 'n beweging gebaseer op die slagspreuk 'Afrika vir die Afrikane'. Dit het sy oorsprong in die stigting van die Temboekerk van Suid-Afrika in 1884 deur Nehemiah Tile, 'n voormalige Wesleyaanse predikant. Ander Bantoeleiers het later by hom aangesluit en 'n sterk organisasie het ontstaan wat 'n aantal kerke, onder meer die African Methodist Episcopal en die Presbiteriaanse Bantoekerk insluit. Die beweging het op een tydstip politieke ambisies gehad en veral tussen die jare 1900 en 1910 groot onrus gewek. Die naam het in die jongste tyd feitlik uitgesterf.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Estcourt
Volgende onderwerp: Etosha-Pan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:54:03 MGT 2024