Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Escombe, Harry
Escombe, Harry [boodskap #121769] So, 09 Desember 2018 06:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Harry Escombe was 'n Natalse Eerste Minister. In 1838 in Londen gebore en ontvang onderrig aan St. Paul's School. Kom in 1860 na Natal en vestig hom in Durban waar hy 'n suksesvolle prokureur word. In 1872 word hy lid van die Wetgewende Raad en nadat hy in die Zoeloe-oorloë en die Tweede Vryheidsoorlog geveg het, word hy in 1893 Prokureur-generaal en in 1897 Eerste Minister. As 'n man van groot versiendheid was hy verantwoordelik vir die opbou van die plaaslike militêre magte en stig hy ook die Natal Naval Volunteers. Hy word lid van die Geheime Raad en ontvang 'n eredoktoraat (LL.D) van Cambridge. Oorlede op 27 Desember 1899.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ertjiebos
Volgende onderwerp: Eshowe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:57:02 MGT 2024