Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ertjiebos (Podalyria calyptrata)
Ertjiebos [boodskap #121768] So, 09 Desember 2018 06:36
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Ertjiebos (Podalyria calyptrata) is 'n peulplant. Behoort aan een van die grootste blomplantfamilies, insluitende bome, struike, rankplante en kruie oor die hele Suidelike Afrika. Baie daarvan het groot ekonomiese, geneeskundige of voedingswaarde. In alle gevalle is die vrug 'n peul. Die blomme wissel aansienlik. Die wortels ontwikkel knolle wat deur bakterieë bewoon word wat stikstof uit die lug haal en die grond verryk. Drie sub-families volgens kroonblare: Mimosoidae, insluitende mimosas, akasias en Dichrotachys - almal met poeierkwas - of katjieblomme. Caesalpinioideae, insluitende bohenias van Zimbabwe (Rhodesië), kassias, mopanie, huilbos en die Natalse fusia. Blomme onreëlmatig, maar nie vlindervormig nie, buitenste kroonblaar, binneste in knop. Vlinderblommig, sluit in die kleiner struike en kruie met vlindervormige blomme. In Zimbabwe (Rhodesië) groei baie soorte struike, kruie en klimopplante, almal met drie klein blaartjies; sowat 300 spesies indigoplante (vroeër in Indië gebruik vir die vervaardiging van kleurstof en wat vandag 'n neweproduk van teer is), die blomkoker is gespoor en die blare soos 'n visgraat teen 'n kort stam; en ook baie spesies van die wilde ertjie (Tephrosia). Aan die Kaap is pienk en geel blomme oorheersend. Daar is die pienk keurboom (Virgilia oroboides), verskeie soorte koraalboom (Erythrina caffra) en pienk struike van die Podalyria- en Indigofera-variëteite, rooitee (Cyclopia) en talle veldblomme, te veel om te noem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ermelo
Volgende onderwerp: Escombe, Harry
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:20:33 MGT 2024