Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Erika (Ericaceae)
Erika [boodskap #121766] So, 09 Desember 2018 06:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Erika by die Olifantsoog-grot naby Constantia, Kaapstad.
'n Erika by die Olifantsoog-grot naby Constantia, Kaapstad.
Erika (Ericaceae) is plante in die heide-familie. Afgesien van sulke skaars soorte soos die Johnstonia in Zimbabwe (Rhodesië) met sy ligroos bolvormige blomme, behoort die erikas aan die Kaap waar daar oor die honderd variëteite is - rooi, ligroos, groen, geel en wit. Die algemeenste teen berghange is die Erica hirtiflora met sy klein ligroos klokkies. Sommige, soos die geel E. jasminiflora van Caledon se wêreld, is skaars en baie plaaslik. Die Tierhoekheide is 'n buitengewoon groot variëteit met lang hangende ligroos blomme met groen punte. E. plupenetii (hangertjie) is 'n groot stewige struik in baie kleure; en E. blenna of lanternheide het groen-puntige oranje klokkies. Die asalea behoort aan dieselfde familie.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Erfpag
Volgende onderwerp: Ermelo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:07:34 MGT 2024