Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Engelhart, Charles William
Engelhart, Charles William [boodskap #121757] Sa, 08 Desember 2018 18:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles William Engelhart was 'n mynmagnaat. Op 15 Februarie 1917 in New York gebore en studeer aan die Universiteit Princeton. Dien in die Amerikaanse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog en volg sy vader op in sy groot internasionale belange in die basismetaalbedryf en ander bedrywe. Kom in 1950 in Suid-Afrika aan en word 'n vooraanstaande figuur in die goudmynbedryf. In 1957 verkry hy beheer in en word hy verkies as voorsitter van die General Mining-Rand Mines-groep (sien Corner House).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ngcobo
Volgende onderwerp: Engelse letterkunde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:19:50 MGT 2024