Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Elton, Kaptein James Frederic
Elton, Kaptein James Frederic [boodskap #121751] Sa, 08 Desember 2018 18:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaptein James Frederic Elton was 'n Suid-Afrikaanse ontdekkingsreisiger. In 1840 in Engeland gebore. Sluit op vroeë ouderdom by die leër aan en neem deel aan die Indiese Muitery-veldtog en veg in 1860 in Sjina. Na 'n tydjie in Meksiko kom hy in 1871 na die Kaap om verslag te doen oor die goud- en diamantvoorkoms. Hy vestig hom in Natal en was lid van die Wetgewende en Uitvoerende Raad. Hy ondersoek die loop van die Limpoporivier in Transvaal in omstreeks 1875, word Britse konsul in Mosambiek en help om die slawehandel te onderdruk. Voor sy dood aan koors in 1877 het hy nog verskeie ekspedisies onderneem op soek na 'n handelsroete na die Njassameer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Elsenburg
Volgende onderwerp: Ely
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:37:24 MGT 2024