Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Elliott, Sir Charles Bletterman
Elliott, Sir Charles Bletterman [boodskap #121746] Sa, 08 Desember 2018 17:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Charles Bletterman Elliott was die eerste hoofbestuurder van die Kaapse staatspoorweë. Op 8 Mei 1841 op Uitenhage gebore; die seun van eerw. William Elliott. Studeer aan die South African College en later in Londen. Hy was 'n tyd lank resident-landdros in Wynberg en in Kaapstad en toe hoofklerk van die Minister van Kroongrond en Openbare Werke. In 1876 word hy bevorder tot Assistent-kommissaris van Kroongrond en Openbare Werke, en in Desember 1880 tot hoofbestuurder van die Kaapse staatspoorweë. Tydens sy ampstermyn groei die spoorweg van 700 tot meer as 3,000 myl spoor. Tree in 1902 af en is in 1911 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Elliott, Arthur
Volgende onderwerp: Eloff
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:31:58 MGT 2024