Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Elliott, Arthur
Elliott, Arthur [boodskap #121745] Sa, 08 Desember 2018 17:57
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arthur Elliott was 'n Suid-Afrikaanse fotograaf en oudheidkundige. In 1870 in die Verenigde State gebore en gaan as 'n seeman na die Verre Ooste. Hy kom in 1890 in Suid-Afrika aan, hou verskeie padvertonings en help om die grammofoon in Suid-Afrika bekend te stel. Hy was verantwoordelik vir die opname van die stem van president Kruger, maar ongelukkig het die plaat tot niet geraak. Hy het veral beroemdheid verwerf met sy stelselmatige fotografering van historiese geboue en die bewaring van unieke foto's wat Suid-Afrika se ontwikkeling uitbeeld. Na baie geskille het die Unieregering uiteindelik sy versameling van 10,000 negatiewe vir die Argief bekom. Voor sy dood in 1938 in Kaapstad het Elliott baie uitstallings van sy werk gehou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Elliotdale
Volgende onderwerp: Elliott, Sir Charles Bletterman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:15:18 MGT 2024