Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Elliot, Sir Henry George
Elliot, Sir Henry George [boodskap #121743] Sa, 08 Desember 2018 17:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Henry George Elliot was die Hooflanddros van die voormalige Transkei. Op 25 Desember 1826 in Kanada gebore; sluit in 1847 aan by die Royal Marines en veg in die Krimoorlog. In 1870 tree hy af en emigreer na Natal waar hy 'n tyd lank op die rivierdelwerye deurbring. Daarna sluit hy aan by die Kaapse Koloniale Diens en in 1877 word hy hooflanddros van Temboeland. Sy sterk persoonlikheid en baie ander gawes besorg aan hom groot invloed onder die naturelle. Hy veg in 'n aantal oorloë en was erken as een van die uitmuntendste administrateurs in Suid-Afrika. Oorlede in 1912.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Elliot
Volgende onderwerp: Elliotdale
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:11:41 MGT 2024