Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Evkom)
Elektrisiteitsvoorsieningskommissie [boodskap #121739] Sa, 08 Desember 2018 17:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Congella-kragstasie wat in 1928 voltooi is, was een van die eerste kragstasies wat Eskom gebou en besit het.
Die Congella-kragstasie wat in 1928 voltooi is, was een van die eerste kragstasies wat Eskom gebou en besit het.
Die elektrisiteitsvoorsieningskommissie (Evkom) was 'n statutêre liggaam wat in 1922 kragtens die Elektrisiteitswet in die Unie ingestel is. Ingevolge sy grondwet het dit sonder staatsinmenging gefunksioneer onder toesig van die Elektrisiteitsbeheerraad, wat belas was met die toekenning van lisensies vir die oprigting en werking van kragsentrales. Hoofsaaklik deur die ywerige pogings van wyle dr. H.J. van der Bijl is 'n groot netwerk van sentrales en kraglyne opgebou.

In die 1960's het Evkom se totale belegging al meer as R800,000,000 beloop, waarvan die grootste deel gefinansier is deur die uitreiking van sy eie aandele. Sy inkomste destyds was nagenoeg R100,000,000 per jaar en die totale elektrisiteitsverkope was meer as 22,000,000,000 eenhede, afgesien van meer as 22,000,000 eenhede saamgepersde lug en stoom wat verkoop is. Die Kommissie het jaarliks nagenoeg 10,000,000 ton steenkool gebruik en het agt afsonderlike ondernemings waarvan die grootste, wat die Witwatersrand dek, die voormalige netwerk van die Victoria-waterval en die Transvaal Power Company insluit het. Sy totale vermoë was destyds nagenoeg 4,000,000 kilowatt.

Die organisasie het in 1986 sy naam verander na Eskom, 'n samesmelting van die Afrikaanse Evkom en die Engelse Escom (Electricity Supply Commission). Die gevormde afkorting, Eskom, word as 'n woord uitgespreek en is dus 'n akroniem. Die maatskappy word egter nie langer deur 'n kommissie beheer nie en die staat is vandag die enigste aandeelhouer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Elektriese Krag
Volgende onderwerp: Elf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:16:47 MGT 2024