Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Elektriese Krag
Elektriese Krag [boodskap #121738] Sa, 08 Desember 2018 17:32
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Elektriese krag of elektrisiteit is energie wat deur gelaaide elementêre deeltjies deur middel van 'n elektriese stroom gelei word. Dit word vir verskillende doele aangewend, soos beligting, verhitting, dryfmeganismes, ens. Sien ook Evkom.

Die eerste keer dat 'n elektriese toestel in die Kaap die Goeie Hoop gebruik is, was volgens optekening omstreeks 1809 en die eerste keer dat elektriese krag in Kaapstad gebruik is, was in September 1879 kort na die eerste demonstrasie daarvan deur Edison en Swan in die buiteland. In 1882 is die Kaapstadse dokke die eerste keer deur elektriese krag verlig en so ook die Parlementsgebou. Die eerste plaaslike maatskappy is toe gestig. Die Durbanse stadsaal is in 1888 die eerste keer deur elektrisiteit verlig, omstreeks dieselfde tyd as wat elektriese krag op die Witwatersrand in gebruik geneem is. Die eerste permanente kragsentrale in Kaapstad, wat waterkrag van Tafelberg gebruik het, is in 1892 geopen.

Die gebruik van elektriese krag in Zimbabwe (Rhodesië) kan teruggespoor word tot die Pioneer Column wat in 1890 'n elektriese soeklig onder sy toerusting gehad het. Elektriese kraginstallasies is in die jare 1890 in Bulawayo en Harare (Salisbury) aangebring (sien ook Kariba).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Elandslaagte
Volgende onderwerp: Elektrisiteitsvoorsieningskommissie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:17:00 MGT 2024