Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eland (Taurotragus oryx)
Eland [boodskap #121735] Sa, 08 Desember 2018 14:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Eland.
'n Eland.
Die eland is die grootste boksoort. Hulle word in die Drakensberg, die Kalahari, Zimbabwe (Rhodesië) en Mosambiek aangetref, maar het oorspronklik oor 'n baie groter gebied voorgekom. Dit hou van droë landskap en het eens op 'n tyd in troppe van ongeveer 100 voorgekom, maar is nou uiters skaars. Die bul het lang, gedraaide horings. Proefnemings om elande met beeste te kruis, was suksesvol en hulle pas goed aan by die mak diere. Die elandbul word tot byna 6 voet hoog en sy horings is tot byna drie voet lank. Die dierkundige naam is Taurotragus oryx. Die naam eland is deur die vroeë setlaars aan die dier gegee omdat dit ooreenstem met die Europese eland wat in al hoe kleiner getalle op die vasteland voorkom.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Eikeboom
Volgende onderwerp: Elandsboontjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:34:24 MGT 2024