Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Egretreier (Kuifreier)
Egretreier [boodskap #121730] Sa, 08 Desember 2018 13:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Bosluisvoëls
Bosluisvoëls
Die egretreier of kuifreier (familie Ardeidae) is voëls van die klein reiertipe wat in swerms naby vleie en moerasse woon. Die klein kuifreier (Egretta garzetta) het 'n lang bek en bene en geel pote. 'n Pragtige voël wat dikwels gesien kan word terwyl hy sy wit pluime (die aigrettepluim waarvoor duisende vroeër doodgemaak is) oor sy boomnes uitsprei. Die bosluisvoël (Bubulcus ibis) verskil heeltemal van die ander met sy geelbruin bene, kort geel bek en bruin-ligroos broeipluime. Dit word baie meer by beeste gesien as ander kuifreiers. Sien voëls.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Eersterivier
Volgende onderwerp: Ehrlich, Ludwig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:50:17 MGT 2024