Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eersteling
Eersteling [boodskap #121728] Sa, 08 Desember 2018 13:55
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eersteling is die toneel van die eerste goudmynmaatskappy se werksaamhede in Noord-Transvaal. Die plaas is nie ver van Potgietersrus af nie en die goud is die eerste keer in 1871 ontgin deur Edward Button en William Pigg, wat in 1872 die Transvaal Gold Mining Company gestig het. Aanvanklik is 'n groot rotsklip gebruik om die erts te maal, maar later is 'n behoorlike installasie opgerig. Dit is in die Eerste Vryheidsoorlog in 1880 verwoes, maar die fabriekskoorsteen en 'n paar geboue het behoue gebly en is in 1938 tot 'n nasionale monument verklaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Eerstefabrieke
Volgende onderwerp: Eersterivier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:48:52 MGT 2024