Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eerstefabrieke
Eerstefabrieke [boodskap #121727] Sa, 08 Desember 2018 13:52
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eerstefabrieke is 'n nedersetting op die plaas Hatherley naby Pretoria. Kragtens 'n konsessie wat in 1882 deur die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek aan Alois Hugo Nellmapius toegestaan is, is fabrieke daar opgerig vir die monopolistiese produksie van 'n verskeidenheid goedere, insluitende brandewyn en ander drank, vaatjies, konfyte, ingemaakte goedere en glas. Dit is gefinansier deur die firma Lewis & Marks (Isaac Lewis en Samuel Marks). Afgesien van die brandewyn was die meeste van die produksie onwinsgewend, maar dit is voortgesit op 'n wisselende skaal tot die Tweede Vryheidsoorlog.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Eend
Volgende onderwerp: Eersteling
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:01:29 MGT 2024