Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eekhoring
Eekhoring [boodskap #121725] Sa, 08 Desember 2018 12:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Eekhoring.
'n Eekhoring.
Eekhorinkies is 'n groep klein knaagdiertjies wat oral in Suidelike Afrika aangetref word. Hiervan is die bekendste die grys eekhorinkie (Sciurus carolinensis) wat in die jare 1890 deur Cecil John Rhodes na Groote Schuur ingevoer is. Hulle is groter as hulle Europese broers en is baie mak, veral die in die openbare tuine in Kaapstad. Die Kaapse waaierstertmeerkat (Xerus inauris) floreer in die droë dele van die Karoo en beskik oor 'n merkwaardige aanpassingsvermoë by ongunstige omgewing. Hulle woon in ondergrondse kolonies. Ander soorte is die 'Western Striped Squirrel', algemeen in Namibië (Suidwes-Afrika), en die 'Grey-footed Squirrel' wat die bosagtige landskap van Transvaal en Zimbabwe (Rhodesië) verkies.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Edwards, Samuel H.
Volgende onderwerp: Eend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:15:07 MGT 2024