Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Edwards, Samuel H.
Edwards, Samuel H. [boodskap #121724] Sa, 08 Desember 2018 12:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Samuel H. Edwards was 'n handelaar en ontdekkingsreisiger. In 1827 in Bethelsdorp naby Port Elizabeth gebore. Die seun van 'n sendeling wat David Livingstone op sommige van sy vroeëre reise na die gebied van die Betsjoeana (nou Botswana) vergesel het. Nadat hy sy skoolloopbaan in Port Elizabeth voltooi het, volg Samuel hulle in 1846 en begin gou op sy eie met ontdekkingsreise. Met sy vriend, J.H. Wilson, onderneem hy een van die vroegste reise na die Ngami-meer. Dit word gevolg deur talle ander ekspedisies en hy gaan Matabeleland binne waar hy die vriendskap van Silkaats wen. Hy het sir John Swinburne op sy vroeë ekspedisie na Matabeleland vergesel in 1869 en was een van die eerste blankes wat goud in die gebied ontgin het, veral aan die Umfuli en Hunyanirivier. In die 1970's word hy 'n delwer op die diamantveld en daarna besturende direkteur van die Monarch-goudmyn in Tati. Sy laaste jare bring hy in Port Elizabeth deur waar hy in 1922 op 95 jarige ouderdom oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Edenville
Volgende onderwerp: Eekhoring
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:04:52 MGT 2024