Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eckstein, Hermann
Eckstein, Hermann [boodskap #121719] Sa, 08 Desember 2018 12:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hermann Eckstein was 'n diamant- en goudmynpionier en magnaat. In 1849 in Stuttgart, Duitsland gebore as die seun van 'n Lutherse pastoor. Bring sy vroeë jare by 'n Duitse maatskappy in Engeland deur, maar kom in 1882 na Kimberley om die bestuur van die Phoenix-diamantmynmaatskappy oor te neem. Daar raak hy bevriend met Julius Wernher en Alfred Beit en sluit saam met hulle aan by Jules Porges & Co. Namens hulle gaan hy eers na Barberton in 1886 en kort daarna na Johannesburg om die maatskappy te verteenwoordig. Hy begin met die maatskappy H. Eckstein & Co. in 1888, wat gou die toonaangewende mynfirma aan die Rand word. Eckstein was 'n baie sjarmante man en is as die oorspronklike president van die Kamer van Mynwese gekies. Hy beklee die amp van 1889 tot 1891. In 1892 begin sy gesondheid ingee en in 1893 sterf hy in sy geboortedorp.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Eckstein, Friedrich
Volgende onderwerp: Edenburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:40:31 MGT 2024