Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Eckstein, Friedrich
Eckstein, Friedrich [boodskap #121718] Sa, 08 Desember 2018 11:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Friedrich Eckstein was 'n Randse mynmagnaat. In 1857 in Stuttgart, Duitsland, gebore; jonger broer van Hermann Eckstein. Hy was 'n tyd lank in Indië en kom in 1887 na die Rand. Omstreeks ten tye van die Tweede Vryheidsoorlog rig hy sy hoofkantoor in Londen in en was een van dié wat in beheer was van die firma, Wernher, Beit & Co. In 1912 volg hy sir Julius Wernher op as voorsitter. Omdat hy van Duitse afkoms was, ondervind hy baie onaangenaamheid tydens die Eerste Wêreldoorlog en bedank hy as voorsitter. In sy latere leeftyd word hy tot ridder geslaan en wy hom aan die kweek van katoen in die Soedan. Oorlede in 1930.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ecklon, Christian Frederick
Volgende onderwerp: Eckstein, Hermann
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:43:05 MGT 2024