Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ecklon, Christian Frederick
Ecklon, Christian Frederick [boodskap #121717] Sa, 08 Desember 2018 05:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Christian Frederick Ecklon was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. Op 17 Desember 1795 op Apenrade, Sleeswyk-Plolstein gebore wat toe nog deel van Denemarke was. Studeer in Kiel in aptekerswese en begin belang stel in plante. Hy word as 'n assistent ingeneem deur 'n Kaapstadse apteker genaamd Polemann, wat 'n amateurbotanis was, en begin 'n groot versameling opbou. Hy het proefnemings gedoen in sy eie miniatuur botaniese tuin. 'n Klein jaargeld van die Koning van Denemarke vir sy navorsingswerk stel hom in staat om sy ondersoeke na die binneland uit te brei. Hoewel hy daarin geslaag het om verskeie belangrike werke, gebaseer op sy werk in oorleg met K.L.P. Zeyher, te publiseer, het hy baie terugslae ondervind en onder meer al sy waardevolle versamelings in 'n brand verloor. Oorlede in Desember 1868.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ebden, John Bardwell
Volgende onderwerp: Eckstein, Friedrich
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:30:26 MGT 2024