Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Ebden, John Bardwell
Ebden, John Bardwell [boodskap #121716] Sa, 08 Desember 2018 05:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
John Bardwell Ebden was 'n Kaapse handelspionier en wetgewer. In 1787 in Engeland gebore. Bring sy vroeë jare in Sjina deur en kom in 1805 by die Kaap aan as klerk in die Proviandkantoor. Tree toe tot die handel en stig 'n beroemde handelshuis. In 1834 word hy lid van die Wetgewende Raad. In 1838 stig hy die Cape of Good Hope Bank, waarvan hy voorsitter was tot sy dood. Hy was 'n uitstaande persoonlikheid en was voorsitter van die Anti-bandiete Beweging. Hy het gehelp om die eerste plaaslike spoorwegmaatskappy en baie ander ondernemings te stig. Een van sy vroeë klerke was sir J.C. Molteno die eerste Premier van die Kolonie. Ebden is oorlede in 1873.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Ebb and Flow
Volgende onderwerp: Ecklon, Christian Frederick
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:56:48 MGT 2024